โ›บ
๐Ÿ”— โš™๏ธ

Verhaal from Verhaal by Anne-Marie Van Eeden

Tracklist
1.Verhaal5:21
Lyrics

LYRICS by Elisabeth Eybers

'n Vrou het stil geword van baie wag:
die aarde het gegly deur die spiraal
van dag na nag, was beurtelings groen en vaal,
en sy het soms gehuil en soms gelag.

Ook was sy dikwels wakker in die nag,
maar sy het in haar wonings en op straat
gewoon gehandel en gewoon gepraat
en niemand het geweet hoedat sy wag.

Verlange word aanvaarding, langsaamaan,
Verlange word aanvaarding, langsaamaan,
Langsaamaan, Langsaamaan

Want wag is beurtelings hoop en wanhoop,
tot die twee versmelt en stilte alleen bestaan.
En deur die jare het sy self die slot
van die verhaal geword: haar stilte en krag
was skoner as die ding waarop sy wag.

Credits
from Verhaal, released November 4, 2020
LicenseAll rights reserved.
Tags
Recommendations